Skip to content

Mpumalanga-boere bekommerd oor stadige bek-en-klouseer-inentings

# Boere in Mpumalanga is bekommerd oor vertragings in die bekendstelling van bek-en-klouseer-entstowwe en waarsku die huidige tempo is te stadig. Die Rooivleisprodusente-organisasie sê slegs 33-duisend-500 beeste is ingeënt uit 61-duisend dosisse wat ontvang is. Die Gert Sibande-distrik is die hardste deur die uitbreking getref. Die provinsiale bestuurder Hennie Laas het die Departement van Landbou versoek om privaat veeartse by die volgende inentingsronde te betrek en gesê meer entstowwe en beter koördinering is dringend nodig.