Skip to content

Motlanthe-stigting se seminaar bespreek geo-politieke sake, insluitende AGOA-onsekerheid

# Die Kgalema Motlanthe-stigting bied ‘n seminaar in Sandton, Johannesburg aan, wat kyk na geo-politieke aangeleenthede soos die dreigende Amerikaanse tariefverhogings en onsekerheid aangaande die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se besluit sal na verwagting verskeie sektore raak, soos landbou en motorvervaardiging. Sprekers sluit in Suid-Afrika se spesiale gesant in Amerika, Mcebisi Jonas, die minister van Finansies, Enoch Godongwana, en die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe. Die paneel wil besin hoe Suid-Afrika die tariefverhogings kan hanteer en bande met Amerika versterk.