Skip to content

MK-party verwelkom Nasionale Tesourie se beëindiging van sy kontrak met Amerikaanse tegnologiemaatskappy, Oracle

# Die MK-party sê die Nasionale Tesourie se besluit om sy kontrak met die Amerikaanse tegnologiemaatskappy, Oracle te beëindig, kom ná volgehoue ​​druk van die party. Die stap volg op die bevindinge van die Spesiale Ondersoekeenheid en die ouditeur-generaal wat Tesourie- en Oracle-amptenare verbind met bedrog en korrupsie in die multimiljoenrandse Geïntegreerde Finansiële Bestuurstelsel-projek. ‘n Woordvoerder van MK, Nhlamulo Ndhlela, doen ‘n beroep op die polisie om vinnig op te tree in die strafsaak wat teen die Tesourie aanhangig gemaak is.