Skip to content

Misdaadoperasie op Zimbabwiese grens lei tot beslaglegging op gesteelde voertuie en onwettige sigarette

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die polisie van Limpopo het oorgrens-misdaadoperasies naby die Zimbabwiese grens verskerp. Operasies wat tussen Donderdag en gister uitgevoer is, het daartoe gelei dat sewe vermoedelik gesteelde voertuie teruggevind en beslag gelê is op onwettige sigarette van meer as 800-duisend-rand. Polisiewoordvoerder Malesela Ledwaba sê die optredes het gefokus op die ontwrigting van misdaadsindikate wat gesteelde voertuie en onwettige goedere oor die grens vervoer.