# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê groeiende belegging deur Chinese en Indiese voertuigvervaardigers moet lei tot meer plaaslike vervaardiging en werkskepping in Suid-Afrika. Die vakbond doen ‘n beroep op die regering om te verseker dat nuwe beleggers voertuie en komponente plaaslik vervaardig eerder as om op ingevoerde monteerstelle staat te maak. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê beleggings, insluitend Chery se oorname van die voormalige Nissan-aanleg in Rosslyn in Tshwane, behoort bestaande werksgeleenthede te beskerm en nuwe werksgeleenthede vir Suid-Afrikaners te skep:
MISA verwelkom belegging deur Chery maar vra vir sterker plaaslike vervaardiging [KLANK]
ENG PhakamileOnCheryInvestment