# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die regering onderhandel met Amerika oor die 12,5-persent tarief wat op Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte ingestel is. Suid-Afrika is een van 60 lande teen wie tariewe ingestel is na ʼn ondersoek deur die Amerikaanse handelsverteenwoordiger wat bevind het die lande tree nie behoorlik op teen dwangarbeid-praktyke nie. Tau sê die regering sal ʼn kennisgewing in die Staatskoerant publiseer en openbare kommentaar versoek oor die voorneme om ‘n regulasie uit te vaardig om goedere te verbied wat met behulp van dwangarbeid en kinderarbeid vervaardig word.
Minister Tau sê Suid-Afrika sal steeds met Amerika onderhandel oor die jongste tariewe