# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika is op die rand van ʼn handelsooreenkoms met Amerika, maar ʼn paar belangrike kwessies moet nog bespreek word. President Donald Trump het in Augustus tariewe van 30-persent ingestel op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Tau het verlede maand met die Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, in Washington beraadslaag. Die minister het erken dat hulle steeds kwessies soos swart ekonomiese bemagtiging en Trump se bewering van volksmoord op witmense bespreek, maar sê hulle is besig om vordering te maak.
Minister Tau sê ’n handelsooreenkoms met Amerika is binne bereik met talle kwessies wat nog uitgeklaar moet word