# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die kruispunt van geopolitieke, binnelandse en handelskwessies definieer die huidige dooiepunt tussen Suid-Afrika en die VSA die beste, en ‘n herstelling is onvermydelik. Die nuwe Amerikaanse tariewe, wat bepaal dat Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika aan ‘n 30-persent invoertarief onderworpe sal wees, tree Vrydag in werking, tensy ‘n ooreenkoms bereik kan word. Die departement se woordvoerder, Kaamil Alli, sê onderhandelinge bly die beste manier om die kwessie te hanteer:
Minister Tau herbevestig Suid-Afrika se verbintenis tot die voltrekking van ‘n VSA handelsooreenkoms [KLANK]
ENG KaamilonUSTradeDeal