# Die minister van Landbou, John Steenhuisen het die verlaging van voedselinflasie tot die laagste vlak in 14 maande verwelkom, maar hy waarsku dat stygende brandstofpryse Suid-Afrika se landbousektor bedreig. Volgens die inligting van die Verbruikersindeks het inflasie op kos en nie-alkoholiese drank in April tot 2,9-persent gedaal teenoor 3,6-persent in Maart. Steenhuisen sê diesel is noodsaaklik vir Suid-Afrikaanse boere en maak tussen 11- en 18-persent van die totale produksie en logistieke koste uit. Hy sê produsente moet teen globale energieskokke beskerm word aangesien dit in die langtermyn nodig is vir voedselveiligheid.
Minister Steenhuisen verwelkom verligting met inflasie op kos te midde van kommer oor brandstofprys