# Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, vra wêreldwye samewerking om openbare dienste te verbeter en ontwikkeling te finansier. Sy het op die G20 se ministeriële werkgroepvergadering in Mpumalanga die belangrikheid beklemtoon van solidariteit, finansiële geregtigheid en mense-gesentreerde groei. Ramokgopa waarsku dat slegs 52,4-persent van die wêreld-bevolking maatskaplike beskerming geniet en beklemtoon dat Afrika ‘n jaarlikse verlies van 1,5-duisend-miljard rand ly weens onwettige finansiële vloei. Sy sê ontwikkeling moet op mense fokus, en nie net op beleide nie:
Minister Ramokgopa versoek maatskaplike beskerming op G20-vergadering as belegging in menslike kapitaal [KLANK]
ENG-RamokgopaOnSocialProtection