# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het die voorkeurbieërs vir die derde ronde van die verkrygingsprogram vir onafhanklike kragprodusente om battery-energie te berg aangekondig. Die inisiatief, ter waarde van 9.5-miljard-rand, sal 616 megawatt stoorkapasiteit in die Vrystaat lewer. Die Noorse onderneming Scatec ASA sal die Haru-projek oprig en die Suid-Afrikaanse onderneming Mulilo sal die Bloemhoek-, Erfdeel-, Vanilla- en Retreat-persele hanteer. Ramokgopa sê die ondernemings is verbind tot die skepping van meer as 850 plaaslike werksgeleenthede:
Minister Ramokgopa kondig voorkeurbieërs vir R9,5-miljard batterybergingsprogram aan [KLANK]
ENG RamokgopaOnStorage