# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die omgewingsgoedkeuring vir ʼn nuwe kernaanleg in Kaapstad is ʼn belangrike stap in die land se toekomstige energiemengsel. Dit volg nadat die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, die 2017-besluit bekragtig het om Eskom toestemming te gee om ʼn nuwe kernaanleg by Duynefontein te bou. Ramokgopa sê kernkrag bied ʼn bewese manier om die energiemengsel te diversifiseer, die stelsel se bestendigheid te bevorder en inklusiewe ekonomiese groei te ondersteun
Minister Ramokgopa beklemtoon kernenergie se belangrikheid in land se energiemengsel