# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê klimaatgeregtigheid, voedselsekerheid, gelyke gesondheid, inklusiewe groei en inligtingsintegriteit moet die belangrike pilare van nasionale en globale sekerheid wees. Sy het die 16de vergadering van BRICS se nasionale sekerheids-raadgewers en verteenwoordigers oor nasionale sekerheid in Indië toegespreek. Ntshavheni het amptenare gemaan om seker te maak wêreldwye sekerheids-reaksies beskerm die kwesbaarste gemeenskappe. Sy sê projekte moet Afrika se voorkeure ondersteun, die vasteland se Vryhandelsgebied versterk en Agenda 2063 se visie van ʼn geïntegreerde, voorspoedige en vreedsame vasteland bevorder.
Minister Ntshavheni waarsku BRICS om sekerheids-agenda op kwesbare gemeenkappe te fokus