Skip to content

Minister Ntshavheni en Stats SA vergader met hoof van Capitec oor werkloosheidsyfers

# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni en die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het met die uitvoerende hoof van Capitec, Gerrie Fourie, vergader om werkloosheidsyfers te bespreek. Fourie het onlangs aangevoer dat die werkloosheidskoers nader aan tien-persent is, teenoor die amptelike koers van 32,9-persent. Maluleke sê die gesprek in Stellenbosch was konstruktief en het bevestig dat Stats SA se data informele werkers en mense wat vir hulleself werk, insluit. Hy het bygevoeg dat hulle bereid is om ‘n register te skep vir informele besighede om arbeidstatisktiek te verbeter.