Skip to content

Minister McKenzie lei Business Networking Nexus in Singapoer

# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die Business Networking Nexus tydens Suid-Afrika-Fokusweek 2025 in Singapoer gelei. Die geleentheid het Suid-Afrtikaanse wyne aangebied met vertonings deur Jonathan Rubain en Jodi Jantjies. Met bystand van die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Thandi Moraka, het McKenzie handelsvennootskappe, kulturele diplomasie, en bilaterale betrekkinge aangemoedig. Die platform het entrepreneurs en leiers bymekaar gebring om samewerking te ondersoek, Suid-Afrika se erfenis ten toon te stel, en die land se globale besigheids- en kulturele tenwoordigheid te versterk.