Skip to content

Minister Mantashe sê verskillende invoerbronne beskerm Suid-Afrika se brandstofsekerheid

# Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê Amerika se handelstariewe sal nie Suid-Afrika se brandstofsekerheid beïnvloed nie. President Donald Trump van Amerika het in Augustus ʼn tariefverhoging van 30-persent ingestel op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Mantashe sê omdat die land nie brandstof na Amerika uitvoer nie, is daar geen uitwerking op die plaaslike brandstofprys nie. Hy sê die land voer brandstof in van verskeie internasionale verskaffers en dit bied voldoende beskerming teen moontlike ontwrigting.