Skip to content

Minister Godongwana, Reserwebank-president Kganyago nie geakkrediteer om finansiële G20-vergaderings by te woon

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, en die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, is nie geakkrediteer om die komende vergadering van die G20-lande se finansiële hoofde in Washington DC by te woon nie. Amerika het die G20 se jaarlikse roterende presidentskap in November 2025 by Suid-Afrika oorgeneem. Godongwana het aan Bloomberg gesê Suid-Afrika sal hierdie hele jaar nie deel van die G20 wees nie. President Donald Trump het Suid-Afrika reeds verbied om later vanjaar die G20-beraad in Miami by te woon.