# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die oopvlek van ‘n groot oorgrens-renosterhoring-smokkelnetwerk is ‘n beslissende oorwinning. Ses vermeende lede van ‘n sindikaat gekoppel aan ‘n bedrieglike skema waarby 964 renosterhorings ter waarde van miljoene rand betrokke is, is aangekeer. Die horings was bestem vir onwettige markte in Suidoos-Asië. George sê die verdagtes het die departement bedrieg deur permitte onder vals voorwendsels te bekom en die horings na onwettige internasionale markte te kanaliseer:
Minister George sê Suid-Afrika is verbind tot die stryd teen oorgrens-natuurlewemisdade [KLANK]
ENG DiononWildlife