# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Mariene Beskermde Gebiede bevorder kustoerisme, van duik tot walviskyk, terwyl biodiversiteit terselfdertyd beskerm word. Volgens beramings deur die Oseane Ekonomie Meesterplan kan Suid-Afrika se oseaan-ekonomie 166-miljard-rand tot die bruto binnelandse produk bydra en meer as 600-duisend werksgeleenthede teen 2035 skep. George sê die ambisieuse projeksie wentel om vyf kerngebiede: akwakultuur, visserye, kustoerisme, olie en gas op see, en marienebewaring.
Minister George benadruk die ekonomiese potensiaal van Suid-Afrika se oseane