# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Suid-Afrika se groen ekonomie gee die ekonomie ‘n hupstoot. Landbou, bosbou en visserye het met 2,5-persent gegroei, mynbou en steengroewe met 3,7-persent, en elektrisiteit, gas en water met 0,2-persent, wat bygedra het tot ‘n toename van 0,8-persent in die BBP in die tweede kwartaal. George het bygevoeg die departement sal voortgaan om omgewingsvriendelike projekte, biodiversiteit en klimaatsveerkragtigheid te bevorder, werk te skep en gemeenskappe in die land te ondersteun.
Minister Dion George prys departement se rol in ekonomiese veerkragtigheid en werkskepping