Skip to content

Minister Buthelezi bevestig SA se verbintenis tot wêreldwye pogings teen korupsie [KLANK]

# Die minister van die Staatsdiens en Administrasie, Inkosi Buthelezi, sê die vergadering van die G20 se teenkorrupsiewerkgroep wil korrupsie bekamp wat ontwikkeling en openbare vertroue bedreig. Buthelezi het op die beraad in Somerset-Wes, Kaapstad, weer Suid-Afrika se verbintenis tot die bekamping van korrupsie bevestig. Hy noem aanspreeklikheid en deursigtigheid, met die klem op globale samewerking in die bekamping van korrupsie en tot die bevordering van etiese leierskap. Buthelezi het G20-lande aangemoedig om hul pogings te versterk en veerkragtige bestuurstelsels te bou:

ENG-ButheleziOnCorruption