# Duisende Suid-Afrikaanse gebruikers ondervind steeds probleme met Microsoft-dienste nadat ‘n wêreldwye onderbreking gister begin het. Downdetector het vanoggend voor agtuur meer as 870 klagtes oor Microsoft 365, en 740 oor Outlook aangeteken. Die ontwrigting raak e-posse, kalenders en sekere werksplek-hulpmiddels, hoewel standaard Teams-oproepe en -boodskappe steeds werk. Microsoft sê hy skuif mense oor na alternatiewe stelsels en is besig om bedieners te herlaai. Die onderneming het nog nie bevestig wanneer alle dienste herstel sal wees nie.
Microsoft-onderbreking duur voort en ontwrig ook Suid-Afrikaanse ondernemings