# Die gruwelrolprent, Sinners met Michael B. Jordan in die hoofrol, het in sy vrystellingsnaweek die meeste geld by die loket gemaak. Die fliek waarin Jordan die rolle van ʼn identiese tweeling, Smoke en Stack, vertolk, speel in die 1930’s af. Hulle keer terug na hul tuisdorp in die Suide om ʼn kuierplek oop te maak, maar vampiere sak op die klein dorpie toe. A Minecraft Movie is nou in die tweede plek met The King of Kings derde. Disney se spioenasiefliek, The Amateur, is vierde en A24 se oorlogsriller, Warfare, voltooi die topvyf.
Michael B Jordan se ‘Sinners’ doen beste by kaartjiekantore