# Merlog Foods moedig die Grensbestuursowerheid aan om aanlyn bevestiging van veeartsenykundige gesondheidsertifikate te aanvaar om vertragings met die invoer van pluimvee te verlig. Bestuurder Georg Southey sê verouderde papier-bevestiging veroorsaak weeklange vertragings wat proteïnpryse opjaag en voedselsekerheid bedreig. Hy sê die owerheid en die Departement van Landbou het albei toegang tot Brasilië se veilige aanlyn stelsel, maar papierdokumente bly verpligtend. Southey sê digitale bevestiging sal ondersoeke bespoedig en bekostigbare proteïn-voorsieningskettings verseker:
Merlog Foods moedig digitale veearts-sertifikaatstelsel aan om vertragings met pluimvee-invoere te verminder [KLANK]
ENG-SoutheyOnImports