# Mej Heelal Suid-Afrika, die 29-jarige gewese model en rolprent- en televisievervaardiger Melissa Nayimuli, gaan Suid-Afrika volgende maand verteenwoordig op die Mej Heelal-kompetisie in Thailand. Sy is in Butterworth in die Oos-Kaap gebore en haar ma is Xhosa en haar pa Ugandees. Nayimuli het in 2020 aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie deelgeneem, maar nie gewen nie, maar het in 2023 onder die top-vyf geëindig. African Beauty International sê Nayimuli sal ‘n boodskap van hoop, eenheid, insluiting en hervorming in Thailand dra.
Melissa Nayimuli gaan Suid-Afrika op Mej Heelal-kompetisie in Thailand verteenwoordig