Skip to content

Mej SA Mia le Roux verloof aan Luke ten Oever

# Mej Suid-Afrika, Mia le Roux, het haar verlowing aan haar langtermyn-kêrel, Luke ten Oever, aangekondig. Hulle het die nuus aanlyn gedeel en haar ring, met ‘n smaraggroen steen, gewys. Die paartjie sê hulle het gekies om hul verlowing privaat te geniet voor hulle dit bekend maak. Ten Oever het haar in ‘n rustige natuurlike omgewing gevra om te trou, . Le Roux word nou nog een van ‘n groeiende lys Mej SA-wenners wat kort ná hul jaar in die kollig die knoop deurhaak.