# Eskom het wel ‘n verbetering in sy bedryfsprestasie getoon, maar volgens Stanlib se hoofekonoom, Kevin Lings, belê Suid-Afrikaanse ondernemings steeds toenemend in alternatiewe energiebronne om afhanklikheid van die kragverskaffer te verminder en stygende elektrisiteitskoste te versag. ‘n Verslag deur Green Cape het beraam die privaat sektor sal teen 2030 ‘n verdere ses-duisend-megawatt sonkrag en drie-duisend-500-megawatt windkrag in die land byvoeg. Lings sê die herhaalde verhogings van bo-inflasie in elektrisiteitstariewe het veroorsaak dat ondernemings nou alternatiewe soek om koste te probeer bespaar.
Meer ondernemings belê in hernubare energie om minder afhanklik van Eskom te wees