# Meer as 260 aandenkings van die bekroonde Britse reeks Downton Abbey gaan opgeveil word. Dit sluit in van die Grantham-familie se motor tot die trourok wat Michelle Dockery as Lady Mary vir haar eerste troue met Matthew Crawley gedra het, en die ikoniese Downton Abbey-klokkemuur. Die reeks se uitvoerende vervaardiger, Gareth Neame, sê hierdie ikoniese items is vir kykers baie spesiaal. Die opbrengs van die veiling is ten bate van ‘n liefdadigheidsorganisasie wat kinders met beperkte lewensomstandighede en hul ouers ondersteun, Together for Short Lives.
Meer as 200 kostuums en gedenkwaardighede van Downton Abbey vir liefdadigheid opgeveil