Skip to content

Meer as 150 Palestynse vlugtelinge langer as 12 ure op OR Tambo-lughawe gestrand

# ʼn Groep van 153 Palestynse vlugtelinge was gister meer as 12 ure aan boord van ʼn Global Airways-vlug op OR Tambo Internasionale Lughawe gestrand, nadat hulle aanvanklik toegang tot die land geweier is. Die Grensbestuursowerheid sê die groep kon nie aandui hoe lank hulle gaan bly nie, en het nie die gewone vertrekstempels in hul paspoorte gehad nie. Gift of the Givers het egter aangebied om die reisigers te huisves. Die owerheid sê 23 van die 153 vlugtelinge het van Suid-Afrika na hul bestemmings vertrek terwyl die orige 130 passasiers se inligting verwerk word.