Skip to content

Medenavorser van Universiteit van die Vrystaat ontvang UJ Prys vir vertaling

# Die medenavorser in die Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat, professor Naòmi Morgan, het die UJ Prys vir vertaling ontvang. Dit erken buitengewone vertalings uit enige taal na een van Suid-Afrika se amptelike tale. Professor Morgan het die prys ontvang vir haar vertaling van Ons wag vir Godot, gebaseer op die ikoniese Franse teks En attendant Godot deur die Ierse dramaturg Samuel Beckett. Sy sê die prys is die hoogtepunt van ‘n proses wat in 1979 begin het.