# Die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party sal nie enige bespiegeling oor die dood van die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, duld nie. Die 58-jarige is oorlede nadat hy verlede week van die 22ste verdieping van die Hyatt Hotel in Parys geval het. Mbalula het Donderdag buite Mthethwa se huis in KwaMbonambi, noordelike KwaZulu-Natal, gepraat en gesê hulle ondersteun die regering se besluit om ‘n span na Frankryk te stuur om die omstandighede rondom die dood van Mthethwa vas te stel:
Mbalula sê dit sal onbehoorlik wees vir die ANC om te bespiegel oor Mthethwa se dood [KLANK]
ENG MbalulaOnSpeculations