# Die adjunkpresident en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-raad, Paul Mashatile, lewer vandag die hoofrede by die nasionale herdenking van Wêreld TB-Dag in KwaZulu-Natal. Vanjaar se amptelike tema is Yes! You and I Can End TB –Commit, Invest, Deliver. Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste TB-syfers wat die meeste sterftes veroorsaak. Sowat 56-duisend mense in die land sterf jaarliks aan TB waarvan meer as 54-persent MIV-positief is.
Mashatile lei vandag amptelike viering van Wêreld-TB-dag in KZN