Skip to content

Mariah Carey is hoofvertoning op UK Heritage Live-fees

# Globale superster, Mariah Carey, is in Augustus die hoofvertoning by die Heritage Live-fees by die Royal Sandringham-landgoed in Norfolk in die Verenigde Koninkryk. Die voorvertoning by die lokaal met sitplek vir 20-duisend mense is Nile Rodgers en Chic asook Eternal. Woordvoerder van die fees, Giles Cooper, sê Carey se lys van enkelsnit-treffers verseker ‘n ongelooflike geleentheid. Dit sal die tweede Britse vertoning vir die sangeres in Augustus wees, want sy is ook bevestig as die hoofvertoning vir die Brighton Pride-fees.