# Die Mandela Universiteit se administratiewe assistent by Verpleegkunde, Lumka Cube, het die 2025 Fabulous Woman humanitêre toekenning van die Fabulous Girls-stigting ontvang. Sy is vereer vir haar werk as stigter en besturende direkteur van die Grab and Go-stigting, ʼn Baaise organisasie sonder winsbejag. Die stigting spreek dringende behoeftes in die gemeenskap aan deur noodsaaklikhede soos kos, higiëne-produkte en klere aan kwesbare groepe uit te deel. Cube sê dis ʼn ware seëning om haar roeping uit te leef deur minderbevoorregte mense met waardigheid te ondersteun.