# Die Malawiese regering vra finansiële skenkings en humanitêre hulp om sowat tien-duisend burgers uit Suid-Afrika te repatrieer. Malawiese burgers het by die Sherwood-saal in Durban bymekaargekom, desperaat om huis toe te keer na ‘n vlaag van teen-immigrante-betogings in die land. Die repatriasieprogram word gekoördineer deur Malawi se Departement van Rampbestuursake in samewerking met die Ministerie van Buitelandse Sake en Internasionale Samewerking, die Malawiese hoëkommissaris in Pretoria en humanitêre organisasies. Owerhede het die gebeure as ‘n nasionale humanitêre sending beskryf.
Malawi stuur veldtog van stapel om 10-duisend burgers uit Suid-Afrika te repatrieer