Skip to content

Madlanga-kommissie bevraagteken swakhede in Tshwane se verkrygingstelsel [KLANK]

# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, het die Tshwane-metropolisie se direkteur van Bates, Tshukudu Malatji, bevraagteken oor swakhede in verkrygingstelsels wat toelaat dat tenderdokumente ná voorlegging gewysig word. Malatji het getuig oor ‘n beweerde tenderonreëlmatigheid van 2,9-miljard-rand en verduidelik hy het geen kennis gedra van oortredings nie. Hy het egter hand-liasseerstelsels en oop toegang tot dokumente as moontlike gevare uitgelig. Malatji het oorskakeling na ‘n elektroniese stelsels voorgestel om ‘n gepeuter te voorkom en deursigtigheid te verbeter:

ENG-MalatjiOnTenders