#’n Derde-jaar student in BCom Internasionale Sake aan die Universiteit Stellenbosch, Abigail Larsen, is mede-ontwikkelaar van ‘n grensverskuiwende digitale platform ontwerp om ‘n nuwe generasie vrywilligers, leiers en maatskaplike entrepreneurs byeen te bring. Thallo is ‘n sosiale media platform wat maatskaplik-bewuste vrywilligers van organisasies en liefdadigheidsorganisasies bymekaar bring om die gaping tussen individue en organisasies te oorbrug. Die een-en-twintig-jarige Larsen beskryf Thallo as ‘n mengsel tussen Instagram en LinkedIn. Sy sê die toepassing sal ook ‘n plek bied vir die bemarking van produkte deur organisasies sonder winsbejag en ‘n spelstelsel vir die opbou van maatskaplike kapitaal.
Maatskaplike entrepreneur van Maties wil wêreld ten goede verander