# Die Weskus spog weer met sewe luiperds na ‘n afwesigheid van 170 jaar, met die eerste bevestigde waarneming wat verlede jaar op kamera in die Weskus Nasionale Park vasgevang is. Die Landmark-stigting is ‘n nie-regeringsbewaringsorganisasie wat die konflik tussen mense en wilde diere bestuur. Hoofbestuurder Bool Smuts sê luiperds in die 1800’s gejag, maar ‘n paar het in bergagtige streke oorleef. Hy sê natuurlike herkolonisering, sonder verskuiwings, is aangehelp deur groter beskermde gebiede en meer verdraagsaamheid teenoor roofdiere, en hul terugkeer ná 170 jaar is iets om te vier.
Luiperds na 170 jaar terug aan Weskus danksy natuurlike herkolonisering