# Limpopo se premier, Phophi Ramathuba, het gesinne versoek om geliefdes te identifiseer wanneer lykskouings môre begin ná Sondag se busongeluk in Makhado. Sy het bevestig die dodetal het tot 43 gestyg, terwyl 45 mense beseer is. Die bus was van die Oos-Kaap na Zimbabwe en Malawi onderweg toe die bestuurder beheer verloor het op die N1 in die bergagtige Jambuzi-vallei. Ramathuba bevestig ook owerhede gaan voort om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek:
Limpopo se premier versoek gesinne om geliefdes te identifiseer ná busongeluk in Makhado [KLANK]
ENG-RamathubaOnFamilies