# Limpopo se premier, Phophi Ramathuba, sê pogings gaan voort om die slagoffers van Sondag se noodlottige busongeluk naby Louis Trichardt uit te ken. Drie-en-veertig mense is in die ongeluk dood. Die meeste passasiers was burgers van Zimbabwe en Malawi wat van die Oos-Kaap na Harare gereis het. Ramathuba sê hulle werk saam met Zimbabwiese en Malawiese owerhede om met die uitkenning te help. Die polisie het ʼn saak van strafbare manslag aanhangig gemaak en die Padverkeerbestuurskorporasie is besig met ʼn tegniese verslag oor die voorval.
Limpopo se premier sê uitkenning van busongeluk-slagoffers gaan voort