# Disney se supertreffer, Lilo and Stitch, is die tweede agtereenvolgende naweek nommer een by kaartjiekantore. Dis die tweede Hollywood-vrystelling naas A Minecraft Movie wat die prestasie in 2025 behaal. Paramount en Skydance se Mission: Impossible – The Final Reckoning met Tom Cruise in die hoofrol is tweede, en Karate Kid: Legends het op nommer drie geopen. Final Destination: Bloodlines is vierde en nog ʼn nuweling, A24 se gruwelfilm, Bring Her Back, is vyfde.
Lilo & Stitch tweede agtereenvolgende naweek boaan trefferlys