# Die Humanity Foundation, in samewerking met Rise Against Hunger, het die verpakking en verspreiding van meer as 27-duisend etes gevier. Die etes is aan behoeftige inwoners van Boksburg in Gauteng geskenk. Die geleentheid by die Hoërskool Voortrekker het sy doelwit van 26-duisend maaltye met die hulp van 97 vrywilligers oorskry. Die stigting ondersteun Rise Against Hunger se vroeë kinderjare-ontwikkelingsprogram en die Urban Humanity Feed-projek. Hulle wil die veldtog later vanjaar na Benoni uitbrei en moedig maatskappye aan om hul pogings te ondersteun.
Liefdadigheidsorganisasies verspei meer as 27-duisend maaltye in Boksburg