Skip to content

Liefdadigheidsorganisasies skenk fietse aan hoërskoolleerders in Noordwes

# Vyftig graad 9-leerders van die Sefutswelo High School in Uitkyk, Noordwes, het nuwe fietse ontvang. Die skenking van 425-duisend-rand is die gevolg van ʼn vennootskap tussen die welsynsorganisasie Qhubeka en die Star-stigting. Elke leerder het ʼn fiets, onderdele, fietsry-bykomstighede asook opleiding in padveiligheid ontvang. Die stigting sê die fietse sal hopelik leerders se reistyd verkort, wat tot beter akademiese prestasie en groter deelname aan skoolbedrywighede sal lei.