Skip to content

Lesotho Hoogland-waterprojek se onderhoud sal later vandeesmaand voltooi wees

# Dit word voorsien dat die onderhoud by die Lesotho Hoogland-waterprojektonnel later vandeesmaand voltooi sal word, na onbeplande vertragings. Dit sou aanvanklik teen 31 Maart afgehandel wees, maar is vertraag weens tegniese uitdagings en ongunstige weerstoestande. Die Trans-Caledon-tonnelowerheid het die werk aan die Suid-Afrikaanse gedeelte voltooi, terwyl die Lesotho Hooglandontwikkelingsagentskap werksaamhede aan die Lesotho kant versnel. Owerhede het aangedui dat die vertraging nie ‘n beduidende impak op Gauteng se watervoorsiening sal hê nie. ​