Skip to content

Leah van Deventer van Suid-Afrika vir die tweede keer op die Bar World 100 lys

# Leah van Deventer van Suid-Afrika het weereens ‘n plek losgeslaan op die gesogde Bar World 100 lys wat deur Drinks International saamgestel word. Van Deventer, hierdie jaar 50ste op die lys, word erken vir haar invloedryke rol in opleiding, skryf, en mentorskap binne die wêreldwye kroegnywerheid. Sy word geloof vir haar bevordering van inklusiwiteit, etiek, billikheid en volhoubaarheid, met werk wat Afrika en die wêreld raak. Sy het ook die Sisterhood for Industry Support gestig en is as Mentor van die Jaar in Suid-Afrika aangewys.