# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, sê die metro se kapitale begroting het nie by die omvang van ontwikkeling bygehou nie. Suid-Afrika se hoofstad het ondernemings van 86-miljard-rand verseker om met die opgradering van die metro, ekonomiese groei en werkskepping te help. Moya sê met die huidige pas van belegging, sal dit 36 jaar […]
# Action Society veroordeel die onlangse aanvalle op die land se regstelsel. Hierdie voorvalle sluit in die moord op die bekende insolvensieprokureur, Bouwer van Niekerk, in sy firma se kantoor in Johannesburg, en die moord op twee mense buite die Athlone- en Mitchells Plain-landdroshof in Kaapstad. Action Society-woordvoerder Juanita du Preez sê hierdie geweldsdade raak […]
# Eskom sê deur e-mobiliteit verminder hy koolstofvrystelling en verseker dat elke gemeenskap baat by die oorgang na volhoubare vervoer. Die kragverskaffer het die eerste 20 elektriese voertuie by sy vloot gevoeg. Die Verenigde Nasies beraam dat indien 60-persent voertuie op paaie battery-elektries en inprop-hibriedvoertuie is, sal daar teen 2050 meer as 60-miljard ton koolstofdioksied […]
# Die GOOD-Party doen ‘n beroep op die regering om dadelik weg te doen met alle grense van vooraf-kwalifikasies om toegang tot die toelaag vir die verligting van Maatskaplike Nood te kry. Die party sê die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap gaan voort om uitbetalings, selfs aan goedgekeurde bevoordeeldes, te doen weens tegniese struikelblokke soos onbevestigde bankbesonderhede […]
# eThekwini-munisipaliteit sê ʼn uiteenlopende groep plaaslike kunstenaars en kleinsakeondernemings het by die Galleria-opwipmark begin handeldryf. Dis ʼn openbaar-privaat samewerkingspoging tussen eThekwini en die Galleria-winkelsentrum wat daarop gemik is om kleinsakeondernemings te ondersteun deur sigbaarheid en marktoegang. Vanjaar se mark spog met meer as 12 plaaslike entrepreneurs, en bied alles van rottangmandjies en Afrika-uitrustings en […]
# Die Oos-Kaapse LUR vir Gesondheid, Ntandokazi Capa, doen ʼn beroep op wetstoepassers om die gewapende verdagtes vinnig aan te keer wat gister ʼn afleweringsvoertuig buite die New Brighton-kliniek in die Baai gekaap het. Die verdagtes het die afleweringspan aangehou en met ʼn privaat bakkie gevlug wat pakkies van die sentrale uitreiking- en verspreidingsprogram vir […]