# Katar se eerste minister, Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim al-Thani, glo Israel se aanval Dinsdag op Doha het alle hoop vernietig vir die ooblywende gyselaars. Die lugaanval het senior Hamas-leiers geteiken en vyf is dood. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die aanval was geregverdig want dit was gemik teen wat hy noem […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê die verwoestende bendegeweld op die Kaapse Vlakte in Kaapstad wys hoe dringend noodsaaklik die afwenteling van polisiemagte na provinsies is om werklike veiligheid te verseker. Meer as 200 mense is verlede maand in bendeverwante voorvalle in die provinsie dood. Lisa Schickerling van die DA sê die waarnemende minister […]
# Die Valke in die Oos-Kaap het gister ‘n gewelddadige ontvoeringsindikaat suksesvol ontbloot deur ‘n waaghalsige gyselaar-redding in Alice. Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Die woordvoerder van die Valke, Avele Fumba, sê twee slagoffers is op die N2 naby Kat Kat Farm tussen Qonce en Peddie in ‘n lokval gelei en een is toe […]
# Die Stad Tshwane het die Ithuba ekonomiese ontwikkelingsprogram vir die jeug bekendgestel. Die program fokus op die jeug, en wil aan benadeelde jeug toegang gee tot internskappe en entrepreneursgeleenthede. Burgemeester Nasiphi Moya sê ʼn aanvanklike belegging van agt-miljoen-rand is toegeken aan jeug-entrepreneurskap, en nog sal volg wanneer die program uitbrei:
# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging sê hy bly verbind tot die versterking van aanspreeklikheid, etiese leierskap en beter dienslewering in munisipaliteite. Die vereniging het ʼn prestasiekoers van 98-persent aangeteken, asook sy 13de agtereenvolgende ongekwalifiseerde ouditmening. SALGA se president, Bheke Stofile, sê hulle doelwit is om munisipaliteite se vermoë te versterk, raadslede en amptenare te ondersteun […]
# Die Departement van Gesondheid in Gauteng sê ambulanse op pad na die Rahima Moosa Moeder en Kind-hospitaal in Coronationville word herlei. Dis weens die volgehoue protesaksie oor die watertekort in die omgewing. Geweld het gister tussen die polisie en inwoners in Westbury en Coronationville uitgebreek. Die strate buite die hospitaal was oortrek met leë […]
# Die DA sê hy veroordeel die Stad Tshwane wat maandstate uitreik met bedrae daarop wat volgens die Hooggeregshof in Pretoria geskrap moes word. Die hof het in Julie bevind die metro se skoonmaakheffing is onwettig en beveel dat dit van alle rekeningstate verwyder, en inwoners in die volgende siklus vergoed word. Tshwane se aansoek […]