# Atletiek: Die Suid-Afrikaanse naelloper, Akani Simbine, sê hy is vol vertroue dat hy sy eerste individuele 100-meter-medalje kan inpalm op die Wêreld-kampioenskap wat die naweek in Tokio, Japan, begin. Hy sal ook deelneem aan die vier-maal-100-meter-aflos. Die 31-jarige atleet het hierdie seisoen drie Diamantliga-oorwinnings behaal en in Maart ook ʼn bronsmedalje verower op die […]
# Die Universiteit van die Witwatersrand het ʼn kunsmatige intelligensie- en Afrika-musiekprojek bekendgestel. Die projek wil skeppende mense aanmoedig om die oorvleueling van moderne tegnologie en Afrika-musiektradisies en -klanke te ondersoek. Musikante, vervaardigers, komponiste en musiekonderwysers van reg oor Afrika word uitgenooi om voorstelle vir KI-gedrewe musiekprojekte voor te lê. Persone wat gekies word, sal […]
# Forum for South Africa het die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit verwelkom om die ondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko te heropen. Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die NVG se versoek goedgekeur, met die steun van die Biko-familie se regspan. Biko het 48-jaar gelede onder geheimsinnige omstandighede […]
# Die DA het ‘n nasionale ondersoek na die skokkende toename in kinderswangerskappe in Suid-Afrika begin. Die ondersoek sal bepaal hoe provinsies die Kinderwet toepas om te verseker oortreders van statutêre verkragting word vervolg. In die Oos-Kaap alleen het 117 meisies tussen die ouderdom van 10 en 14 van April tot Julie vanjaar geboorte geskenk. […]
# Die DA het die hofuitspraak ten gunste van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie teen die Gautengse Onderwysdepartement verwelkom. Die Arbeidshof het bevind die departement het grieweprosedure oortree in sy hantering van Philippa Erasmus, die hoof van die Pretoria High School for Girls. Sy is Julie vir drie maande sonder salaris geskors nadat sy skuldig bevind is […]
# Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, het ses veranderinge aangebring aan die span wat Saterdag in Wellington teen Suid-Afrika uitdraf in hulle tweede Rugbykampioenskapstoets. Die nuweling Leroy Carter vervang Rieko Ioane op linkervleuel. Samisoni Taukei’aho staan in vir Codie Taylor, wat harsingskudding het. Will Jordan verskuif van heelagter na regtervleuel in die plek van […]
# Die finaliste vir die 14de Eco-Logic Toekennings is amptelik aangekondig. Dit erken prestasies in 12 kategorieë, insluitend oplossings vir klimaatverandering, waterbesparing, sirkulêre ekonomiese projekte, eko-modes en gemeenskapgedrewe projekte. Die finaliste sluit in Sankub, Wildlife ACT Innovations, Re.Bag.Re.Use en die Volhoubaarheidinstituut. Die stigter van die toekennings, David Parry-Davies, sê die finaliste verteenwoordig die beste Suid-Afrikaanse […]
# Bosbou Suid-Afrika sê aangeplante woude speel ʼn belangrike rol om die land se inheemse bome te beskerm. Suid-Afrika het sowat 1,2-miljoen hektaar kommersiële boomaanplantings in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos- en die Wes-Kaap. Die organisasie se direkteur van navorsing en bewaring, Ronald Heath, sê mense kan egter nie langer net staatmaak op aangewese bewaringsgebiede […]