# Rugby: Die afrigter van die Springbok-vroue, Swys de Bruin, het sewe voorspelers en een agterspeler op die plaasvervangerbank gekies vir Saterdag se Wêreldbeker-kwarteindstyd teen Nieu-Seeland. Die slot Nolusindiso Booi is kaptein van die span wat hoofsaaklik bestaan uit die spelers wat Italië in ‘n groepswedstryd geklop het. De Bruin sê hulle het op ‘n […]
# Statistieke Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het met 0,7-persent in Julie gedaal in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Die dalings was hoofsaaklik in die yster-, staal-, metaalprodukte- en houtbedrywe. Produksie het op ‘n maandgrondslag met 0,5-persent gedaal, maar oor die drie maande tot Julie het dit met 2,5-persent gestyg, aangedryf deur voedsel, chemikalieë en motorvoertuie. […]
# Die Gautengse Departement van Onderwys het ‘n studente-onderwyser by Sunward Park High School in Boksburg wat deur die beheerliggaam aangestel is, ontslaan ná bewerings van seksuele aanranding en die verbale mishandeling van vroulike leerders. Die opvoeder, wat in Augustus geskors is, is skuldig bevind aan wangedrag en in absentia tydens ‘n dissiplinêre verhoor afgedank. […]
# Die VSA herdenk vandag 24 jaar sedert die 11 September 2001 terreuraanvalle op New York, Washington, D.C., en Shanksville, Pennsylvania. Bykans drie-duisend mense is dood toe Al-Kaïda-kapers met vliegtuie in die Wêreldhandelsentrum en die Pentagon vasgevlieg het en ‘n ander vliegtuig in ’n veld in Pennsylvania neergestort het. Families sal in New York byeenkom […]
# Ten minste 14 mense in Bali in Indonesië is dood in wat amptenare die eiland se ergste vloede in ‘n dekade noem. Stortreën het ernstige oorstromings oor die grootste deel van die eiland veroorsaak, wat gelei het tot riviere wat walle oorstroom het. Honderde inwoners is ontruim omdat hul huise onder water is. Die […]
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê geregtigheid het geseëvier in die stryd teen mensehandel nadat sewe Chinese burgers tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is vir mensehandel, kinderarbeid, en oortredings van arbeidswette. Die saak het ’n onwettige Johannesburgse fabriek betrek waar 91 werkers van Malawi, insluitende kinders, vanaf 2017 tot 2019 onmenslike […]
# Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het Peter Mandelson afgedank as ambassadeur in Amerika ná toenemende kritiek op sy verhouding met die ontslape Amerikaanse kinderseks-oortreder Jeffrey Epstein. Buitelandse Sake sê in ‘n verklaring die besluit is geneem weens bykomende inligting in e-posse wat Mandelson geskryf het. Dit toon die diepte en omvang van sy […]