# Krieket: Die T20-reeks tussen Engeland en Suid-Afrika verskuif vandag na Old Trafford in Manchester nadat die Proteas Woensdag die reën-ontwrigte eerste wedstryd in Cardiff, Wallis, gewen het. Die wedstryd is na nege boulbeurte per span verkort na ‘n vertraging van twee-uur. Suid-Afrika het 97 vir vyf bereik na sewe boulbeurte en vyf balle toe […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê swart ekonomiese bemagtiging is nie rassisme nie, maar ‘n instrument om ongeregtighede uit die verlede reg te stel. Mashatile het in antwoord op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beklemtoon transformasie beteken om welvaart te deel en diegene wat voorheen benadeel is, te bemagtig. Hy het sê wetgewing moet […]
# Rugby: Die groter Stormers-groep begin hulle voorseisoen-kamp vandag met ‘n vriendskaplike wedstryd teen die Haaie in George. Die span kom ses-uur vanaand op Outenikwa-park teen die Durbaniete te staan. Die groep van 28 sal die grootste deel van die week in die Suid-Kaap deurbring voor die fokus verskuif na hulle eerste Verenigde Rugbykampioenskapskragmeting met […]
# MoAfrika Wa Maila, die prokureur van veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, sê Netflix moenie toegelaat word om Suid-Afrikaanse regte met sy komende dokumentêr te skend nie. Dit volg nadat Bester en sy voormalige vriendin, Nandipha Magudumana by die hof aansoek gedoen het om die uitsending te keer van die dokumentêr, Beauty and the Bester, wat […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika moet minder afhanklik wees van buitelandse hulp en sy eie kapasiteit inspan om noodsaaklike programme te befonds. Mashatile het in die Nasionale Raad van Provinsies gewaarsku besnoeiings in Amerikaanse befondsing vir MIV- en VIGS-inisiatiewe beklemtoon die gevare rondom oormatige afhanklikheid van buitelandse steun. Hy sê die regering het reeds […]
# Die regsverteenwordiger van Netflix, Tembeka Ngcukaitobi, het die regspan van veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, en sy voormalige vriendin, Nandipha Magudumana, veroordeel, omdat hulle die paar se optrede minimaliseer. Met sy betoog in die Hooggeregshof in Pretoria, het Ngcukaitobi beklemtoon dat Bester ontsnap het terwyl hy ’n lewenslange vonnis uitgedien het en is nie formeel […]
# Die DA kritiseer die Nasionale Raad vir Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeid dat hy die Vuurwapenbeheerwetsontwerp geheim hou en sleutelbelanghebbendes van die proses uitsluit. Die party voer aan die ANC volg dieselfde benadering as met die Regulatoriese Owerheid vir die Privaatsekuriteitsbedryf om beperkende wetgewing te bevorder. Ian Cameron van die DA waarsku dat die wetsontwerp wetsgehoorsame […]
# Die VN se Veiligheidsraad het aangekondig dat hy vandag ‘n noodvergadering hou om oortredings van die lugvaartwette in Pole te bespreek, ‘n dag nadat Warskou Moskou daarvan beskuldig het dat hy ‘n hommeltuigaanval in sy grondgebied uitgevoer het. Pole sê die voorval was nie toevallig nie. Moskou ontken hy het die land geteiken en […]
# Die Solidariteitsbeweging betreur die dood van Amerikaanse aktivis, Charlie Kirk, die stigter van Turning Point USA, wat tragies op ‘n verhoog by die Utah Valley Universiteit doodgeskiet is. Die beweging het sy medelye aan Kirk se familie, vriende en ondersteuners regoor die wêreld gestuur en onthou hom as ‘n sterk voorstander van dialoog, samewerking […]